Skip to content

Gautengse Gesondheid skuld munisipaliteite R225-miljoen te midde van faktuurkwessies

# Die Gautengse Gesondheidsdepartement skuld 225-miljoen-rand aan munisipaliteite weens kontanttekorte, faktuurvertragings en ‘n gebrek aan diensvlak-ooreenkomste. Die grootste bedrag verskuldig is 160-miljoen-rand aan die Emfuleni Munisipaliteit vir kostes rakende indiensneming, goedere en dienste, asook 14,9-miljoen-rand aan Midvaal. Johannesburg wag op ‘n uitstaande bedrag van 21,6-miljoen-rand vir water, afvalverwydering en elektrisiteit. Emfuleni is 160-miljoen-rand verskuldig en Ekurhuleni 17,84-miljoen-rand vir dienste in verskeie hospitale. Tshwane wag ook op betalings van 6,11-miljoen-rand en Wes-Randse rade moet vyf-miljoen-rand kry.