Skip to content

Busisiwe Mkhwebane beskuldig die Regspraktykraad van ondermyning van haar gelofwaardigheid

# Die voormalige Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, sê die tydsberekening en manier van optrede van die Regspraktykraad lyk na ‘n polities-gemotiveerde poging om haar geloofwaardigheid te ondermyn. Die raad beplan om ‘n hofaansoek in te dien om Mkhwebane te skors en sê dit is gebaseer op hulle bevindings van die Artikel 194-parlementêre ondersoek. Sy het in 2023 die eerste Openbare Beskermer geword om in ‘n staat van beskuldiging geplaas te word, na die ondersoek se bevinding van wangedrag en onbevoegdheid. Mkhwebane sê sy het in haar ampstermyn die hoogste regs- en etiese standaarde gehandhaaf.