# Die Nasionale Raad van Provinsies sal hierdie week drie hibriede sittings hou om mosies, komiteeverslae en nasionale kwessies te bespreek. Sleutelonderwerpe sluit in, ‘n debat oor 31-jaar van demokrasie, met die fokus op gesamentlike pogings om ‘n nuwe samelewing te skep, geanker in die ideale van die Vryheidsmanifes. Die Raad sal ook die oorsigverslae van verskeie komitees oorweeg, soos verslae oor onvoldoende behuising en informele nedersettings. Verder sal maatreëls om armoede en hongerte te bekamp bespreek word, met die klem op die blywende nalatenskap rondom hierdie kwessies in Suid-Afrika.
Nasionale Raad van Provinsies sal hibriede sittings oor nasionale sleutelkwessies hou