# Die DA in Gauteng ondersteun die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging-vakbond se oproep om die voorgestelde besnoeiings aan dokters se oortyd in heroorweging te neem. Woordvoerder, Jack Bloom, waarsku hierdie stap kan sekere dokters se salarisse met ‘n derde verminder. Hy blameer die Gautengse Gesondheidsdepartement se onbetaalde agterstallige skuld van meer as vyf-miljard-rand vir die besnoeiings. Bloom bepleit nuwe leierskap om gehaltesorg in Gautengse hospitale te verseker:
DA Gauteng ondersteun oproepe om voorgestelde besnoeiings aan dokters se oortyd te heroorweeg [KLANK]
ENG-BloomOnCuts