Skip to content

Amerikaanse aandele beleef ergste week sedert Covid ná Trump-tariewe van krag word

# Aandelemarkte in Amerika het hul ergste week sedert 2020 beleef terwyl Donald Trump se omvattende tariewe groot beroeringe in wêreldmarkte veroorsaak. Al drie hoof-aanwysers op Wall Street het vandeesweek meer as vyf-persent gedaal. Aandele in groot Amerikaanse maatskappye soos Nike en Apple wat produkte in Asiatiese lande met hoë tariewe vervaardig, het die meeste geval. Trump sê belasting op ingevoerde goedere sal die Amerikaanse ekonomie sterk sal laat groei. Sommige tariewe is reeds van krag met ʼn basisheffing van tien-persent vir lande soos die Verenigde Koninkryk en talle ander.