# Twee klein, afgeleë Antarktiese buiteposte, bewoon deur pikkewyne en robbe, is van die onbekende plekke wat geteiken word deur die Trump-administrasie se nuwe tariewe. Die Heard- en McDonald-eilande, ‘n gebied vier-duisend kilometer suidwes van Australië, is slegs toeganklik met ‘n sewe-dae bootrit vanaf Perth, en is byna ‘n dekade laas deur mense besoek. Die eilande, soos die res van Australië, is nou onderhewig aan ‘n tien-persent tarief. Die Australiese eerste minister, Anthony Albanese, sê dit illustreer die feit dat geen plek op aarde veilig is teen Trump se tariewe nie.
Eilande bewoon deur pikkewyne beland op Trump se tarieflys