Skip to content

Kabeldiefstal en vandalisme veroorsaak brand by Brakfontein Substasie

# Die burgemeesterskomiteelid vir Nutsdienste in die Stad Tshwane, Frans Boshielo, het bevestig die onlangse brand by die Brakfontein Substasie is deur diefstal en vandalisme van die beheerkabels veroorsaak. Boshielo sê dit het beskermingstelsels aangetas en veroorsaak dat die brand ontstaan het. Boshielo het bevestig ingenieurs het hul evaluering voltooi en werk tans om die krag dringend te herstel. Hy verseker verbeterde sekerheid by kritieke infrastruktuurpunte en moedig inwoners aan om waaksaam te bly en verdagte bedrywighede aan te meld om toekomstige ontwrigtings te voorkom.