Skip to content

Rugby: Blitsbokke het taai wedstryde teen Brittanje en Argentinië in Singapoer

# Rugby: Dit word ook nie makliker vir die Blitsbokke nie. Nadat hulle slegs in die negende plek in Hongkong geëindig het, speel hulle môreoggend in Singapoer, in die laaste toernooi van die gewone seisoen, teen sterk opposisie in Groep A. Die Suid-Afrikaners speel 7:26 teen Brittanje en dan draf hulle 10:44 op die veld teen die reeks-voorlopers, Argentinië. Die Argentyne het laas naweek, vir die eerste keer die Honkong-toernooi gewen. Die Blitsbokke is tans vierde op die punteleer, met die top agt spanne wat kwalifiseer vir die wêreldkampioenskap volgende maand in Los Angeles.