# Sokker: Orlando Pirates se hoofafrigter José Riveiro gaan aan die einde van die seisoen uittree. Die Spanjaard het besluit om nie sy driejaarkontrak te hernu wat aan die einde van die seisoen verstryk nie. Riveiro het drie MTN8-titels en twee Nedbank-bekertitels vir die Buccaneers ingepalm. Pirates is nou in die halfeindstryd van die Nedbank-beker en in die kwarteindstryd van die CAF Kampioeneliga. Pirates se voorsitter, Irvin Khoza, sê hoewel hule Riveiro se kontrak wou verleng, respekteer hulle sy besluit ten volle.
Sokker: José Riveiro verlaat Orlando Pirates aan die einde van die seisoen