Skip to content

Gautengse konferensie wil R300-miljard se beleggings lok

# Die Gautengse Beleggingskonferensie wat vandag begin, wil meer as 300-miljard-rand se beleggings lok. Die geleentheid sal die provinsie voorstel as ʼn goeie beleggingsbestemming wat op infrastruktuur, vervaardiging en groen energie fokus.  Meer as 50 maatskappye van reg oor die wêreld sal dit bywoon. Met deelname van beleggers uit Afrika en die res van die wêreld beoog die konferensie om werkskepping en ekonomiese groei te bevorder. Dit wil ook Gauteng se rol in Afrika se ekonomie versterk deur internasionale vennootskappe en nuwe sakegeleenthede aan te moedig.