# Krieket: Punjab Kings se kolwers sê hulle nuwe afrigter, Ricky Ponting, het reeds ‘n positiewe uitwerking op vanjaar se Indiese Premierliga. Die span is tans boaan die punteleer nadat hy albei sy eerste twee wedstryde gewen het. Punjab het in September ‘n vierjaar-kontrak met die voormalige Australiese kaptein gesluit nadat hulle verlede seisoen negende geëindig het. Die kolwer Nehal Wadhera sê Ponting is een van die beste afrigters met wie hy nog gewerk het, want hy is positief, wat outomaties die spelers se vertroue verhoog.
Krieket: Punjab se kolwers prys afrigter Ponting se positiewe houding vir groot verbetering