# Die Vryheidsfront Plus in Ekurhuleni sê die metro se finansiële posisie het só versleg dat hy nie ‘n deposito van 177-milljoen-rand aan Eskom kan betaal vir die opknapping van vier mini-substasies in Chloorkop nie. Die metro skuld die kragvoorsiener nagenoeg twee-miljard-rand. Die VF Plus sê dit blyk dat Ekurhuleni toenemend op buite-instansies moet staatmaak om sy finansiële verpligtinge na te kom. Die party sê die burgemeester, Nkosindiphile Xhakaza, moet sê wat die langtermynplanne is om Ekurhuleni se finansiële verhouding met Eskom te herstel.
VF Plus sê Ekurhuleni is nie in staat om Eskom R177-milljoen te betaal vir opknapping van mini-substasies nie