# Die Amerikaanse Justisiedepartement vra die doodstraf vir Luigi Mangione, wat beskuldig word van die moord in Desember verlede jaar op UnitedHealthcare se uitvoerende hoof, Brian Thompson. ʼn Groot jurie in Manhatten het die 26-jarige Mangione op elf aanklagte skuldig bevind. Dit sluit in een van moord in die eerste graad, twee van moord in die tweede graad, asook aanklagte wat met wapens en vervalsing verband hou. Hy staar staats- en federale aanklagte in die gesig. Prokureur-generaal Pam Bondi noem die moord op Thompson ʼn voorafbeplande, koelbloedige sluipmoord wat Amerika geskok het.
Amerikaanse Departement van Justisie vra doodstraf vir man wat van moord op UnitedHealthcare-hoof beskuldig word