Skip to content

Padwedlope: Olimpiese langafstandatleet weier om Brittanje te verteenwoordig omdat atlete hulle eie onkoste moet dek

# Padwedlope: Die Olimpiese langafstandatleet, Ben O’Connor, gaan nie dié maand vir Brittanje deelneem aan die Europese kampioenskap nie omdat daar van atlete verwag word om hulle eie reis-, verblyf-, kos- en toerustingonkoste te dek. Dit kan meer as 26-duisend-rand beloop. O’Connor is gekies om in Leuven, België, aan die halfmarathon deel te neem. Hy sê Engeland Atletiek het aangebied om sy onkoste te betaal en hoewel hy dankbaar is daarvoor, voel hy verteenwoordiging moet nie afhang of ‘n atleet daarvoor kan betaal of nie.