Skip to content

Wits prof sê lisensies sal nie SA se vuil water skoon maak nie

# ‘n Akademikus by Witwatersrand Universiteit, professor Tracy-Lynn Field, sê die regering se planne om die Wet op Waterdienste te wysig sal nie Suid-Afrika se probleme met waterdienste oplos nie. Die regering het ‘n nuwe plan om waterverskaffers te lisensieer en lisensies terug te trek as hulle nie skoon, drinkbare water voorsien nie. In baie dorpe en stede in Suid-Afrika het watertekorte en voorsieningsontwrigtings meer algemeen geword. Field sê baie munisipaliteite het nie gereelde inkomste om die koste van die lewering van water te dek nie want verbruikers kan of wil nie vir water betaal nie.