Skip to content

Kaapstadse e-taxibestuurders gefrustreerd oor uitdagings om bedryfslisensies te bekom

# ​E-taxi-bestuurders in Kaapstad sê hulle is gefrustreerd met uitdagings om bedryfslisensies te bekom. Dit kan meebring dat hul voertuie geskut word omdat hulle nie die nodige permitte het nie. Die e-taxi-vereniging in die Wes-Kaap het die metro se skut van voertuie veroordeel. Die hoofsekretaris, Omar Parker, sê talle bestuurders wat die proses gevolg het, het nie permitte ontvang nie, maar aansoeke word steeds aanvaar. Van die meer as 14-duisend aansoeke wat hy ontvang het, het die Departement van Mobililteit sy kwota van drie-duisend-354 nuwe lisensies goedgekeur en die aansoekproses gesluit.