# Die ANC-jeugliga veroordeel wat hy beskryf as misleidende inligting oor ʼn onbetaalde rekening. Volgens berigte het ʼn afvaardiging onder leiding van die jeugliga-president, Collen Malatji, versuim om ʼn rekening van meer as 800-duisend-rand te betaal ná ʼn partyvoorlegging wat afgesluit is met ʼn feestelike onthaal by die Little Tuscany-boetiekhotel in Sandton, Johannesburg. Die jeugliga sê die betrokke rekening is nie vir ʼn partytjie nie, maar vir drie afsonderlike vergaderings wat by die hotel gehou is. Hy sê hy sal seker maak die rekening word vereffen.
ANC-jeugliga verduidelik berigte oor onbetaalde rekening van R800 000