Skip to content

Rugby: Shimlas, Tuks, Maties en Ikeys deur na Varsitybeker-halfeindronde

# Rugby: Die verdedigende kampioen, Shimlas van die Vrystaatse universiteit, is deur na die halfeindronde van die Varsitybekerkompetisie met ‘n sege van 48-35 oor Tukkies van Pretoria, wat vroeër gekwalifiseer het. Maties van die Universiteit Stellenbosch het Wits 49-7 verpletter om ʼn tuis-halfeindstryd te verseker. Ikeys van die Universiteit van Kaapstad het die Universiteit van Johannesburg 49-31 afgeransel om die uitspeelronde te haal. Die Arende van Noordwes-universiteit kon ondanks ʼn weghol-oorwinning van 117-19 oor die Ixias van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie nie die halfeindronde bereik nie.