Skip to content

Sokker: Arteta sê Saka is gereed om te speel vir Arsenal

# Sokker: Arsenal se afrigter, Mikel Arteta, sê Bukayo Saka is gereed om te speel na drie maande se afwesigheid weens ‘n dyspierbesering. Die 23-jarige voorspeler van Engeland het hierdie seisoen nege doele in alle kompetisies vir die klub aangeteken. Hy het laas gespeel toe Arsenal Crystal Palace 5-1 verslaan het op 21 Desember. Arsenal speel vandag teen Fulham in die Premierliga.