Skip to content

Gholf: McIlroy eerste speler na Woods om R1,8-miljard op PGA-toer te verdien

# Gholf: Rory McIlroy van Noord-Ierland is slegs die tweede speler na die Amerikaner Tiger Woods om meer as 1,8-miljard-rand se prysgeld op die PGA-toer te verdien. Hy het dit vermag toe hy gesamentlik vyfde was in die Houston-ope. Die 35-jarige McIlroy het 28 toernooie gewen sedert sy beroepsbuiging in 2010. Die 49-jarige Woods het die mylpaal in 2012 bereik en sedertdien nog 400-miljoen-rand verdien. Nog ‘n Amerikaner, Phil Mickelson, het 1,7-miljard verdien tot hy PGA in 2022 verruil het vir LIV Gholf, waar hy glo nog 3,6-miljard-rand ingepalm het.