# Die National Academy of Africa’s Performing Arts in Soweto, wat deur die musieklegendes Caiphus Semenya en Letta Mbulu ondersteun word, het meer as 25-miljoen-rand aan befondsing ontvang, maar is na ses jaar nog nie klaar nie. Ten spyte van vordering is nog 28-miljoen-rand nodig om die akademie te voltooi. MoneyWeb berig dat die Spesiale Ondersoekeenheid die Nasionale Loterykommissie se befondsing aan die akademie ondersoek ná ʼn wenk van ʼn fluitjieblaser. Die akademie wat veronderstel is om professionele kunsopleiding te verskaf, sal na verwagting in 2026 open.
Spesiale Ondersoekeenheid ondersoek korrupsie terwyl Soweto-kunsakademie meer geld soek om projek te voltooi