# Die 2022 Suid-Afrikaanse Openbare Verhouding met Wetenskap-opname toon 66-persent van die publiek stel beslis belang in wetenskap en tegnologie. Die opname se bevindings is op ‘n konferensie in Boksburg bespreek en het bepaal openbare vertroue in universiteite is 71-persent en in wetenskaplikes se bydraes tot die samelewing 76-persent. Die opname het ook bevind deursigtigheid en betrokkenheid by wetenskap moet verbeter, met 51-persent wat glo wetenskaplikes is eerlik oor hul werk.
Opname toon sterk openbare belangstelling in wetenskap en tegnologie