# Krieket: Engeland se gewese toetskaptein, Joe Root, stel nie belang om die land se witbal-span se leier te word nie. ‘n Nuwe kaptein moet aangewys word nadat Jos Buttler bedank het na die span se swak vertoning in die Kampioenetrofee, waar hulle in die groepsfase uitgeskakel is. Root sê hy is klaar met die kapteinsrol, maar glo die volgende leier sal ‘n briljante taak verrig. Die bestuur het vroeër gesê een van die moontlikhede is om toetskaptein Ben Stokes aan te stel in al drie formate.
Krieket: Root stel nie belang om Engeland se witbal-kaptein te word nie