# Die adjunk-minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Bernice Swarts, gaan amptelik die Een Werker, Een Boom-inisiatief in Pretoria bekendstel. Dit is deel van die Presidensiële Tienmiljoen Bome-program wat ten doel het om oor die volgende vyf jaar, volgens president Cyril Ramaphosa se wens, tien-mijoen bome aan te plant. Swarts sal ook die inisiatief as afspringplek gebruik om die Hernude Nasionale Plan vir Vergroening bekend te stel.
Adjunk-minister Swarts gaan Een Werker, Een Boom-initiatief in Pretoria bekendstel