# Koning Charles is gister vir waarneming in ‘n hospitaal opgeneem weens ‘n tydelike newe-effek van die ongeïdentifiseerde kanker waarmee hy verlede Februarie gediagnoseer is. Die Buckingham-paleis sê die koning het as voorsorgmaatreël en in opdrag van sy dokters vandag se afsprake uitgestel. Koning Charles en koningin Camilla reis volgende week vir ‘n staatsbesoek na Italië.
Koning Charles ondervind tydelike newe-effekte van kankerbehandeling