# Die Tshwane burgemeester, Nasipi Moya, sê die veelpartykoalisie het die eerste volledig-gefinansierde begrotingsontwerp sedert 2021 ingedien. Dit stel ‘n vermindering van vier-persent in eiendomsbelasting voor om die verhoogde eiendomswaardes in die nuwe waarderingsrol te mitigeer. Die begroting sluit verhogings van 12-persent vir elektrisiteit en 13-persent vir water in, albei laer as die verhogings van Eskom en Rand Water. Sanitasie sal ses-persent meer kos en vullisverwydering sal met 4,6-persent verhoog word. Die stad sal ook ‘n maandelikse skoonmaakheffing van 185-rand in vir diegene wat van private vullisverwydering gebruik maak.
Tshwane’s veelpartykoalisie dien begroting in vir openbare raadpleging