Skip to content

Rugby: Neethling Fouché neem Stormers se kapteinskap oor vir kragmeting met Ulster

# Rugby: Die vaskopstut Neethling Fouché neem die Stormers se kapteinskap oor vir môreaand se Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Ulster in Belfast. Hy neem oor by Frans Malherbe, wat verpligte rus kry ingevolge nasionale span-vereistes, saam met die gereelde kaptein, Salmaan Moerat. Connor Evans word op slot ingespan en Dave Ewers sal op flank begin in die plek van die beseerde Deon Fourie. Damian Willemse begin op heelagter, terwyl ‘n gesonde Suleiman Hartzenberg op buite-senter begin. Die ervare skrumskakel, Dewaldt Duvenage is ook terug in die opdrafspan.