# Die burgemeester van Tshwane, Nasipi Moya, het inwoners om verskoning gevra oor die vyf-dae-lange kragonderbreking in die Queenswood-omgewing. Sy sê spanne het onverpoosd gewerk om 17 kabelfoute te herstel. Die spanne kon tot dusver drie van die kabelfoute regmaak. As gevolg daarvan kon Tshwane gisteraand 50-persent van die kragtoevoer na Queenswood herstel. Die Blesbok Substasie voorsien krag aan die Queenswood-gebied, maar is verlede jaar erg gevandaliseer. Moya sê opknappings aan die substasie word vir die 2025/26-boekjaar beplan.
Burgemeester van Tshwane vra om verskoning vir langdurige kragonderbreking in Queenswood