# Sokker: Die wenner van hierdie jaar se vergrote Klub-wêreldbeker sal tot 2,3-miljard rand in prysgeld ontvang. FIFA het vroeër ‘n totale prysgeld van meer as 18-miljard-rand aangekondig. Die kompetisie word vanaf 14 Junie tot 13 Julie in die Verenigde State gespeel. FIFA het die bedrae vir die 32 deelnemende spanne nou aangekondig, insluitend Mamelodi Sundowns van Suid-Afrika. Sundowns sal byna 175-miljoen-rand ontvang net om deel te neem. Real Madrid, Al Ahly, Paris Saint-German, Manchester City en Chelsea is van die bekende klubs in die toernooi.
Sokker: Wenner van die Klub-wêreldbeker sal tot R2,3-miljard ontvang, Sundowns steek R175-miljoen in die sak