Skip to content

Prins Harry bedank by Lesotho-liefdadigheid wat hy ter ere van prinses Diana gestig het

# Prins Harry van Brittanje het bedank uit die liefdadigheidsorganisasie in Lesotho wat hy in 2006 gestig het ter ere van sy oorlede ma, prinses Diana. Hy sê hy het Sentebale verlaat weens binnegevegte. Sy medestigter, prins Seeiso van Lesotho, het ook bedank. Dit volg nadat die trustees die voorsitter, Sophie Chandauka, gevra het om te bedank ná ‘n meningsverskil, waarna sy hulle by die Britse Liefdadigheidskommissie aangegee het. Die twee prinse sê in ‘n gesamentlike verklaring hulle glo die trustees het in die beste belang van Sentebale opgetree.