Skip to content

Ministers Steenhuisen, Mchunu en Godongwana onder skoot omdat hulle parlementêre vrae geïgnoreer het

# Verskeie ministers, insluitend die minister van Polisie, Senzo Mchunu, die minister van Finansies, Enoch Godongwana, en die DA-leier en minister van Landbou, John Steenhuisen, is onder skoot omdat hulle nie parlementêre vrae beantwoord het nie. ‘n Verslag deur die Parlement toon 222 van die 783 vrae is steeds onbeantwoord. Mchunu het 47 van die 74 vrae wat aan hom gerig is, geïgnoreer, Godongwana het 15 uit 30 vrae nie beantwoord nie, en Steenhuisen het reageer op slegs ses uit 17 vrae. Die EFF veroordeel die ministers en vra salarisaftrekkings en openbare teregwysings.