# Tennis: Die sesmalige kampioen Novak Djokovic is die agtste keer deur na die kwarteindronde van die Miami Ope. Die Serwiër het die Italianer Lorenzo Musetti verslaan en kom nou teen die Amerikaner Sebastian Korda te staan, wat die Fransman Gael Monfils uitgeskakel het. Die Italianer Matteo Berrettini en die Amerikaner Taylor Fritz is ook deur na die laaste agt. In die vroue-afdeling het die Italianer Jasmine Paolini die Pool Magda Linette verslaan vir ‘n halfeindstryd teen die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus.
Tennis: Djokovic steeds op koers vir ‘n sewende Miami Ope-titel