Skip to content

Kaapstadse burgemeester verwelkom insluiting by Inligtingsversoekproses vir privaat sektor vennootskappe [KLANK]

# Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het die Tafelbaaise hawe se insluiting by die regering se Inligtingsversoekproses verwelkom. Die proses wat deur die nasionale Departement van Vervoer van stapel gestuur is, het ten doel om die privaat sektor se aptyt te toets vir die aangaan van vennootskappe oor hawens en spoorvraglyne. Hill-Lewis sê navorsing dui daarop dat deelname van die privaat sektor by die hawe kan lei tot ‘n bykomende ses-miljard-rand in uitvoere, die skepping van ongeveer 20-duisend werksgeleenthede, en meer as 1,6-miljard-rand in bykomende belastinginkomste binne vyf jaar:

ENG GeordinonPortofCapeTown