Skip to content

Rugby: Oorwinnings vir Tuks, Ikeys, Arende en Ixias in voorlaaste groepronde van Varsitybeker

# Rugby: Die Universiteit van Pretoria se Tuks is boaan die Varsitybeker-punteleer na hul 29-19-sege oor die Maties van Stellenbosch, terwyl daar een ronde oorbly voor die halfeindronde. Die Universiteit van Kaapstad se Ikeys het die Shimlas van die Vrystaat verras met ʼn oorwinning van 40-26. Die Arende van die Noordwes-universiteit het hul hoop om die halfeindronde te haal, lewend gehou met ʼn 52-7-sege oor die Universiteit van Johannesburg. Die Sentrale Universiteit van Tegnologie se Ixsias het ná drie agtereenvolgende nederlae die Wits-universiteit se span met 34-28 geklop.