# Rugby: Die ervare Blitsbokspeler Siviwe Soyizwapi sê hulle is goed op pad om hulle droom te verwesenlik om onder die eerste vier spanne te eindig in elke toernooi in die huidige sewes-wêreldreeks. Suid-Afrika is tans vierde op die punteleer na Argentinië, Spanje en Fidji nadat hulle in Kaapstad gewen en tweede was in Vancouver. Soyizwapi sê hulle is goed voorbereid vir die naweek se toernooi in Hongkong en vasberade om te wen. Hy sê hulle het aanspraakmakers geword in elke toernooi waarin hulle speel.
Rugby: Soyizwapi sê Blitsbokke het aanspraakmakers geword in elke toernooi