Skip to content

Stakende werknemers van Mpumalanga-toerisme en parke-agentskap gevra om nie ontwrigting te veroorsaak nie

# Mpumalanga se Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme vra stakende werkers van die provinsie se toerisme en parke-agentskap om nie ontwrigting te veroorsaak by toeriste-aantreklikhede nie. Werknemers, wat aandring op permanente kontrakte, is op ‘n onbeskermde staking terwyl hulle tydelike kontrakte dié maand verstryk. Ingryping deur die polisie kon nie ontwrigting keer nie. Die LUR Makhosazane Masilela sê hulle sal met lede van die vakbond Nehawu vergader om oplossings te bespreek maar maan die agentskap het nie die geld om kontrakte na 31 Maart te verleng nie.