# Boks: Die beheerliggaam Boks Suid-Afrika het hulde gebring aan die tweemalige swaargewigkampioen en Olimpiese held, George Foreman. Hy is Vrydag oorlede, omring deur sy geliefdes. Die voorsitter van BoksSA, Ayanda Khumalo, prys sy veerkragtigheid en uitwerking op die sport en noem hom ‘n wêreldwye legende. Sy sê legendes sterf nooit nie en Foreman se nalatenskap in boks en humanitêre werk sal steeds geslagte inspireer.
Boks Suid-Afrika bring hulde aan legendariese George Foreman