# Krieket: Twee Indiese Premierligawedstryde wag vandag op ondersteuners. Sunrisers Hyderabad verwelkom Rajasthan Royals om 12-uur Suid-Afrikaanse tyd. Om vier-uur kom Chennai Super Kings te staan teen Mumbai Indians. Die Protea-paaltjiewagter Heinrich Klaasen en die veelsydige Wiaan Mulder speel vir Hyderabad, terwyl die Engelse bouler Jofra Archer in Rajasthan se span is. Chennai spog met die 43-jarige Indiese paaltjiewagter MS Dhoni, asook die opwindende jong Nieu-Seelandse kolwer Rachin Ravindra. Die Suid-Afrikaners Ryan Rickelton, Lizaad Williams en Corbin Bosch speel vir Mumbai.
Krieket: Twee IPL-wedstryde wag vandag op ondersteuners