Skip to content

Atletiek: SA naelloper Simbine verower brons in 60m op wêreld-binnenshuise kampioenskap

# Atletiek: Suid-Afrika se Olimpiese silwermedaljewenner, Akani Simbine, het die bronsmedalje ingepalm in die 60-meter vir mans op die wêreld-binnenshuise kampioenskap in Nanjing, China. Hy het in die halfeindronde sy persoonlike beste tyd van 6,53-sekondes behaal en in die eindstryd derde geëindig in 6,54, na Jeremiah Azu van Brittanje en die Australiër Lachlan Kennedy. Dit is Suid-Afrika se eerste binnenshuise medalje sedert 2018. Simbine was deel van die land se vier-maal-100-meter aflosspan wat verlede jaar silwer verower het op die Olimpiese Spele in Parys.