Skip to content

Rugby: Agt Springbokke in Stormers se opdrafspan teen Scarlets

# Rugby: Die losskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu is een van agt Springbokke in die Stormers se opdraf-vyftiental vir vanmiddag se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd teen Scarlets in Wallis. Die ander Bokke is Herschell Jantjies, Frans Malherbe, Joseph Dweba, Damian Willemse, Evan Roos, Deon Fourie en die kaptein, Salmaan Moerat. Die Stormers is tans twaalfde op die punteleer nadat hulle sewe keer verloor het in hulle vorige twaalf kragmetings. Scarlets is tiende. Die wedstryd op Parc y Scarlets skop vyf-uur af.