# Krieket: Die verdedigende kampioen, Kolkata Knight Riders, is vanmiddag die gasheer vir Royal Challengers Bengaluru in die aanvangswedstryd van die Indiese Premierliga. Die wedstryd slaan om vier-uur, Suid-Afrikaanse tyd, af. Dertien stede in die land ontvang tien spanne in 74 kragmetings tot die eindstryd op 25 Mei, wat ook deur KKR aangebied word. Elke span speel sewe tuis- en sewe wegwedstryde, gevolg deur drie uitspeelkragmetings en die eindstryd. Die kompetisie se prysgeld beloop vanjaar 3,6-miljard-rand.
Krieket: KKR verwelkom Royal Challengers Bengaluru in aanvangswedstryd van IPL