Skip to content

Regstryd vererger met Wanatu wat Tshwane se owerhede beveg oor e-taxipermitte

# ‘n Regstryd tussen die e-taxiplatofrm Wanatu en Tshwane se owerhede raak erger. Die maatskappy se hofstryd volg op die beslaglegging op twee van sy voertuie deur Tshwane se Metropolisie. Die saak plaas die Nasionale Padverkeerswet onder die soeklig. Meer as 20-duisend e-taxibestuurders wag nog op hulle padvervoerpermitte, en nuwe permitaansoeke is opgeskort. Wanatu glo ‘n hofbevel in hulle guns kan ‘n groot regs-presedent skep, wat die owerhede sal dwing om die permitkrisis regverdig te hanteer.