# Tennis: Die Australiër Nick Kyrgios het in die eerste ronde van die Miami Ope sy eerste ATP Toer-oorwinning sedert 2022 behaal. Die 29-jarige speler wat met voet- en polsbeserings sukkel, het die Amerikaner Mackenzie McDonald geklop. Die 38-jarige Fransman, Gael Monfils, het die Hongaar Fabian Marozsan verslaan om die tweede oudste man naas Jimmy Connors te word wat by die Miami Ope wen. In die vroueafdeling is Victoria Azarenka van Belarus en Naomi Osaka van Japan deur na die tweede ronde.
Tennis: Nick Kyrgios behaal eerste ATP Toer-sege sedert 2022