# Die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigsraad, Thembisile Xulu, bepleit sterker vennootskappe en bewusmakingsprogramme oor TB. Sy het in Johannesburg gesê die TB-voorkoms onder die 7,8-miljoen mense wat met MIV leef, is baie hoog, met meer as 50-persent wat geraak word. Ses mense sterf elke uur aan TB in Suid-Afrika. Sy waarsku teen toenemende besmettings wat met TB/MIV gepaard gaan, dwelmweerstandige TB en die stigma wat mans daarvan weerhou om behandeling te kry:
Vigsraad bepleit sterker TB-bewusmaking voor Wêreld-TB-dag [KLANK]
ENG-XuluOnTB