# ActionSA in Tshwane het die vordering met die formalisering van Kleinfontein-eiendomme in Pretoria-Oos geloof. Kleinfontein het tans meer as 600 huise asook winkels, ʼn ouetehuis, skoolgebou, sonkragplaas, ʼn gebied vir ligte nywerhede en ʼn museum. Dit bestaan uit nege eiendomme waarvan nie een hersoneer is vir woondoeleindes of onderverdeling nie. ActionSA sê inwoners wat miljoene in hul huise belê het, is bly dat die buurt geformaliseer sal word.
ActionSA in Tshwane loof vordering met formalisering van Kleinfontein