# Pasiëntfooie by Gautengse staatshospitale gaan na verwagting in April met tot 4,4-persent styg indien die Gautengse wetgewer die Gesondheidsdepartement se voorgestelde tariewe goedkeur. Nood-bystandsdienste kan met 30-persent verhoog word. Individue met ʼn huishoudelike inkomste van minder as agtduisend-rand per maand wat ʼn ambulans en gevorderde lewensreddingstoerusting nodig het, sal nou 170-rand moet betaal. Die departement sê die nuwe fooie sal die gesondheidstelsel se finansiële volhoubaarheid verseker.
Gautengse staatshospitale verhoog fooie dalk in April met tot 4,4%