Skip to content

Thabo Bester sê die Hooggeregshof-uitspraak is ‘n bespotting van geregtigheid

# Die veroordeelde reeksverkragter en moordenaar, Thabo Bester sê die Vrystaatse Hooggeregshof-uitspraak teen hom in Februarie het ‘n gevaarlike presedent geskep wat tot chaos in die reg kan lei. Hy het die Konstitusionele Hof genader vir verlof tot appèl teen die uitspraak, wat sy aansoek oor die beweerde swak omstandighede van sy gevangenisstraf afgewys het. Bester se regspan sê dit sal ‘n bespotting van geregtigheid wees as ‘n uitspraak oor die voorwaardes van sy tronkstraf nie betwis word nie.