# Die Alpha-sekerheidsforum waarsku padgebruikers in Pretoria oor penstrikke op die N4-snelweg, die N1, Ben Schoemanpad en die R80-Mabopane hoofweg waardeur motoriste van die pad gedwing word. Vier voorvalle is die naweek aangemeld op die N4-Oos na Simon Vermootenweg, naby die Libertasbrug in die ooste van die stad. Die gevaarlike strikke sluit in die gebruik van klippe en ander voorwerpe. Aris Ruyter van die forum maan motoriste om nie stil te hou nadat hulle voorwerpe in die pad getref het nie – veral nie in die aand nie.
Motoriste gewaarsku oor voortdurende penstrikke in Pretoria