Skip to content

Tshwane se onderburgemeester gee bywerking van finansiële programme

# Tshwane se onderburgemeester en ook burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Eugene Modise, gee vandag die jongste oor die vordering van die metro se finansiële programme. Dit sluit in ʼn algemene waardasielys, amnestie vir meterpeutery, en dat behoeftige huishoudings en dié met kinders aan die hoof se skuld afgeskryf word. Die metro sê die skuldverligtingsprogram is ʼn belangrike inisiatief om inwoners se finansiële las te verlig en ekonomiese herstel te bevorder.