# Die DA in Tshwane gaan vandag ʼn amptelike klag by die Openbare Beskermer indien oor kommer oor Triotic Protection Services se sertifikate en sy twyfelagtige saketransaksies met die Stad Tshwane. Die sekerheidsmaatskappy het volgens berigte bande met die ANC-onderburgemeester, Bonzo Modise. Die DA sê die klag sal beklemtoon dat Triotic Protection Services nie die nodige bevoegdheid het om die werk te doen nie, en bevraagteken of die maatskappy in die lig van sy noue bande met Modise met die metro mag sake doen.
DA in Tshwane dien klag in by Openbare Beskermer teen diensverskaffer met ANC-bande